‘n Ou storie op ‘n nuwe noot…

“Ek hou niks van bidure nie,” sê die leraar se vrou vir haar beste vriendin Sarien, “Oom Teunsie en oom Sagrys is aljimmers in kompetisie om te kyk wie die langste bid. Die staande rekord is huidiglik twintig minute.”

Sarlien lag alte lekker.

“Jy lag nog. Jy moet dit beleef… hulle  bely ook nog mekaar se sondes so tussendeur. Dit vat Manlief amper ‘n maand om die vrede tussen man en vrou en die twee gesinne te herstel.“

“Kom ek vertel vir jou wat verlede jaar gebeur het…”

“Toe oom Teunsie en tant Gertruida die derde aand biduur toe stap is hulle oordentlik grompie vir mekaar. Swyend stap hulle die gewyde atmosfeer binne en die tante gaan sit soos ‘n winkelpop in die voorste gestoeltes. Haar oë kyk nie links of regs nie. Die lippies is styf toegerits. Sy is omgeklits vir almal om te sien…

Oom Teunsie is egter die hartlikheid vanself en gee sy bidopponent ‘n gemene handdruk. Gisteraand het oom Sagrys so lank gebid vir alles en almal, dat daar vir die res van die stomme aanbidders minder as niks oorgebly het om te sê nie. Vanaand gaan hy wat oom Teunsie is, die vloer met hom mors.

Na Manlief se ernstige preek is daar toe mos kortstondige geleentheid vir getuienis. OomTeunsie laat nie op hom wag nie. Hy vlieg soos ‘n skeefgeklapte springhaas op en laat waai dat die spoeg letterlik en figuurlik spat. Hy val homself skoon in die rede soos hy familie uitlê en tekere gaan. Met ‘n snik vertel hy van oom Josef wat mense so mooi tot bekering kon bid. Hy bly stil en krap verward sy kop.Of was dit nou oom Sagrys,vrekkins hy kan nou nie meer so lekker onthou nie? Met dié raak hy so verstrengel in sy eie familiegeskiedenis dat hy later nie meer herwaarts of derwaarts weet nie. Hy slaan sy oë eers hulpsoekend op na die spreekwoordelike berge en toe na sy stywerug vroutjie met ‘n ‘hoe was dit nou weer mammie?’ uitdrukking op die smekende gesig.

Hy strompel nog so ‘n keer of wat oor die spoedwalle,toe tante Gertruida hom hardhandig terugpluk op die stoel. Die stomme  oom Teunsie gaan sit sommer twee keer.

‘Sit Teunis jy ken nie die storie nie,’ sis sy vererg en blaas haar stywe wange nog meer op.”

“Nee! Wat gebeur toe?” en Sarina lê soos sy lag.

“Ek moes myself  met mening inhou om nie hard en banaal aan die lag te gaan nie, maar dis nog nie die einde van die sports nie, Vriendin…

In afwesigheid van die orrelis vra Manlief toe wraggieswaar vir tant Gertruida om tog maar die noot vir die laaste gesang in te sit. Tante Gertruida gooi daai noot so jimmelhoog in dat meeste van ons op ons stoele moet staan om by te kom. Die gemeente piep en skwiek en beur met moeite deur die eerste versie. Tot die Manlief sing so ‘n flinke falsetto dat sy kleintongetjie soos ‘n fietsklokkie tril.

Oom Martiens erg hom meteens bloediglik vir die spulletjie en bulder donderend, “Waar de duiwel dink jy hel jy nou heen, Vrou? Oeps,askies Dominies!”

“Wat sê jou man toe,” lag Sarina uit haar maag uit.

“Hy sê toe maar Amen op die spulletjie tot die volgende aand!”

“En jy?”

“Ek is soos blits by die deur uit om by die huis te gaan lag!”

* Hierdie storie is grotendeels fiktief.

Die Jeer is groooooot waar Siejonstop...
Die Jeer is groooooot waar Siejonstop…

MENGELMOESWEEK

Ek is deur ‘n mengelmoestyd van emosies sowel as gebeure van verlede naweek af. Laas Vrydag het die familie aan Manlief se kant ‘n Peyper- Schutte reünie gehou. Ons het almal by die oord Eastco naby Magalliesburg bymekaar gekom. Party het gekamp en ander (soos ons) het in die chalets gebly.

Die takbokke is hondmak en kom bedel vir brood by die chalets
Die takbokke is hondmak en kom bedel vir brood by die chalets

Wat ‘n lekker kuier! Ek en die niggies het te heerlik geklets oor alles en nog wat! Jan kon vir ‘n naweek van al die gemeenteprobleme( waarvan daar vele is) vergeet en met sy neefs oor die ou dae se streke lag.

Kobus en Anet Peyper
Neef Kobus en Anet Peyper
Jan saam met sy neef Pieter en Anelize van Aswegen.
Jan saam met  neef Pieter en Anelize van Aswegen.
Jan het die twee in 1982 getrou. Toe was hy 'n finale jaar teologiese student. Hy het iets reg gedoen, want die twee is steeds gelukkig getroud!
Jan het Pieter en Anelize in 1982 getrou. Toe was hy ‘n finale jaar teologiese student. Hy het defnitief iets reg gedoen, want die twee is steeds gelukkig getroud!

Die uwe het selfs haar lyf in ‘n swembad gewaag en selfs oorleef om die storie te vertel. Kan nie onthou wanneer laas ek geswem het nie.

Jan hou 'n informele diens vir die familie
Jan hou ‘n informele diens vir die familie
Check net of die leraar nie nonsens praat nie
Die herder, jongste en Jessiekind check net of die leraar nie nonsens praat nie

Maandag is ek vir oulaas skooltoe, want ek is Dinsdag geopereer vir ‘n breuk. Dinsdag is ek met bewende broek hospitaal toe vir die prosedure.

Oppad hospitaal toe het ons n wonderskone sonsopkoms beleef. MY fb status was, " God is everywhere and in everything"
Oppad hospitaal toe het ons n wonderskone sonsopkoms beleef. MY fb status was, ” God is everywhere and in everything”

‘n Mooie jonge man tot my afgryse saam met die chirurg ingeskrop. Gelukkig was ek so uit soos ‘n kers en weet van niks verder nie…

In die hospitaal leef mens in ‘n baie klein wêreldjie.Suksesse soos ‘n derm wat weer werk, word met groot blydskap gevier. Ek moes ‘n badkamer met ‘n swart man deel. Ek was aanvanklik baie vies omdat ek met ‘n man moes deel, maar kom mettertyd agter dat hy ‘n liewe, bedagsame mens is. Ons praat tot my verbasing Afrikaans met mekaar.

Ek bel vir kollega Naomi gister om te sê dat ek die voorbereiding en werkskaarte vir volgende week vir die skool per epos gestuur het.

Die gesprek van haar kant af loop as volg: “Hallo vriendin, hoe gaan dit? Keep quiet! Can’t you hear I am talking to teacher Carol! Lie on your arms. Haal af jou hand man,I don’t want to talk to you now! Ek wil met teacher Carol praat. Hoe voel jy vriendin? …”

Ek is seker dat elke bloedjie in haar klas Afrikaans redelik goed kan volg na ‘n jaar in haar klas. Veral die woorde, “ Kyk voor jou!” moet hulle defnitief verstaan.

Nietemin, ons is darem nou al amper ‘n week verder en ek is op die herstelpad. Ek sal binnekort weer skapiemanewales kan blog. Lekker week vir elkeen van julle!

Die herder is sommer alles in een vir haar skapies

Maai browwer will be in jôôr class next year, Mêêêêm,” sê Luba pure engel Gabriël,”He ies extriemelie nôôtee. You must be wêêrie striekt wif hiem and hiet hiem wêêrie haaard!” Die herder onderdruk ‘n glimlag. Dis nou nie asof Lubaikie die voorbeeldigheid vanself is nie.

Juffrou D doen geldsomme met haar klas. Sy het voorbeelde van al die soorte geld op haar tafel. Xhola sit net langs dié tafel. Sy oë hang aan steeltjies soos hy vir die geld kyk. Almal weet dat Xhola lang vingers het.

Van die lammers kan klein of te not nogal lelik rammetjie- uitnek met die herders raak. Selfs van die Graad een lammers is ongeskik gebore. Juffrou C maan ‘n sekere knapie om op sy stoel te gaan sit.

“ZAP” skiet die middelvinger uitdagend uit terwyl hy sy mêêêêm brutal aangluur.

Juffrou C tel ses keer tot tien en terug en verloor so hittete haar humeur. Amper waai die knaap se boudwolle in alle rigtings.

Twee lammers gaan aan die baklei. Ram teen ooi oor skryfbehoeftes. Dis net kloue en wolle. Die herder vervies haar en vertel ewe liefies  vir hulle dat meisies en seuns wat so verskriklik baklei gewoonlik met mekaar trou. Dertien kinders later is hulle nog steeds “hêppilie mêrried”

“Thêrteen keeds?” vra ‘n ooitjie met afgryse in haar stem.

“Thirteen,” beaam die herder sedig.

“Iejôôôh!” blêr die kudde met verwondering. Tog net nie soveel kinders nie. Dan doen hulle eerder skoolwerk tot dit by hulle oortjies uitkom.

Die mêêêm sukkel met ‘n nuwe rammetjie. Sy kry die mannetjie met moeite aan die werk. Hy skryf die datum en opskrif en maak dan sy boek toe. Finito! Klaar gewerk vir die dag!

Gister maak hy sy werk klaar en kry ‘n groot plakker in sy boek.

Die herder roep hom.

“How does this sticker make you feel?”

“Hêêppie!” kom die vinnige reaksie.

Nou ja toe!Hopelik spoor dit hom aan om bietjie meer moeite volgende keer te doen.

Juffrou S stuur twee kinders na die herder toe. Die ooitjie lyk vreeslik omgekrap. Die rammetjie het haar “antie moemoe” genoem. Die kind se hare is in klomp ponies vasgemaak. Die herder onderdruk haar lag met moeite want die benoeming is so half en half in die kol.

“I wish I was white like Cassie…” sê Nomusa vandag met verlange in haar stemmetjie.

“God chose to make you brown Darling,” sê die herder met deernis, “He made you so special and there is only one of you in the whole wide world! Besides we all have red hearts!”

Onderwysers is mammas, sielkundiges, maatskaplike werkers, predikante, polisiemanne en “glorified babysitters”, alles in een. Hierdie herder sal dit egter vir niks anders in die hele wêreld verruil nie!

BESIDES WE ALL HAVE RED HEARTS
BESIDES WE ALL HAVE RED HEARTS

Skapies in wolfsklere?

Vrydag was ‘n moeilike dag in die skaapkraal. Die lammers mag gewone wolle aangetrek het.

“Hallouuuu, “ sê die herder, “ wie is al hierdie mooi kinders? Wat het julle met my kinders gemaak?” Die bekkies lag dat mens net malers sien.

Saam met die gewone klere het al die maniere egter saam met die wind by die deur uitgewaai.

“Let’s pray,” maan die herder die woelwaters. Die ogies gaan toe, die kloutjies word saamgevou en die botterbekkies bid, …”and lead us not intoe temptyshin… for ewwah and ewwah, ymen.”

Skaars gesê, “dieliwwer us from iewil,” toe die duiwel vierkantig in die trop invaar. Amper so ‘n Gadaravarke van die Bybel, situasie.

Thando sit en huil dat die trane sulke poele op die tafel maak. Van die ramme het vir haar hare gelag. Haar ma het dit kort gaan staan en sny.

Sibusisu steek Tebogo se uitveër weg. Hy gee voor dat hy dit by die venster uitgegooi het en lag haar uittartend uit. Tebogo is so woedend sy kan gerus ‘n ratelslang kaalhand vang. “Mêêêm,” blêr sy skril.

Mêêêm wip haar en vra iesegrimmig vir die spotters, “What is classroom rule number one again?”

“Keep hênds,feet and unkaaind words toe jôrself,” lees die ramme so verbaas asof hulle die woorde vir die heel eerste keer sien.

Die herder laat die sterk lammers die sukkellammers help. Dit werk uitstekend met so baie skapies in die klas.

Lerato help vir Shaun, my ou sukkelskapie
Lerato help vir Shaun, my ou sukkelskapie

Na pouse kla Siswe en Olwethu dat die nuwe rammetjie hulle geslêp het. Dit nogals deur die gesig. Ek roep hom en hou eers ‘n regverdige verhoor. Dit blyk dat hulle sokker gespeel het en dié twee kaplaks in hom vasgehardloop het.

“What did I say yesterday about playing soccer? What might happen?” vra die herder moedeloos.

“Ief joe play soccer joe maait get hurt,” koor die drietjies gelyk.

Nou ja toe, skud klou en maak vrede maan die herder. Hulle glimlag breed terwyl hulle mekaar op en af skud.

“Sorreee frênds,” sê die slêpper stralend. Die vrede is herstel en die werk gaan aan.

Na al die nodige werk afgehandel is, doen die skapies kuns. Hulle maak poue. Die tongetjies hang uit die bekkies soos hulle fokus.

Kyk hierdie botterbekkie se pou
Kyk hierdie botterbekkie se pou

Na die tyd moet hulle gaan hande was. Luba kom smoorkwaad van die badkamers af.

“Mêêêm Emmanuel peeeeeed on meeee!”  Die liewe Emmanuel,met die hemelse naam, wat in Graad een ‘n poedelkaal vrou geteken het.

Die herder vra hom hoekom hy dit gedoen het.

“Hie sprienkeld wôter on mie,” kom die antwoord.

Ag jimmelkie tog, ek is lus en draai julle nekkies om, prewel die herder en slaan haar oë op na die plafon. Sy is radeloos met haar balhorige ramme. Die ouers word in kennis gestel van die wangedrag. Pappa skakel terug en sê hy sal met die meneertjie afreken.

Uiteindelik is die Vrydag verby. Die stoutse ramme gee Mêêêm die hardste drukkie en sê sy moet die naweek vreeeeeslik geniet.

Maandag sal die herder se batterye weer herlaai wees en kan sy weer die kraal met nuwe moed betree.

They aar laaffieng at my hêêr, Mêêêêm!
They aar laaffieng at my hêr, Mêêêêm!

GRIEWE EN BRIEWE

“Jy weet,” sê  my Buurvrou iesegrimmig, “ek het elke jaar ‘n geel kind met ‘n GROOT bek in my klas! HIerdie jaar is dit ‘n dogterjie!” Agter haar loer ‘n klein geel dogtertjie uit – pure botterbekkie. Die herder onderdruk haar lag. Snaaks dat sulke tingerige ou goedjies sulke skrilstemmetjies kan hê.

Juffrou S doen Afrikaans met haar Graad twees. Sy leer hulle hoe om die datum in Afrikaans te skryf. ‘n Benoude stemmetjie breek die stilte, “ Mêêêêm, I doun’t know how to write maai nym in Afrikaans!”

Jouberto Neves het ‘n brief in sy toetsboek gekry. Die ouers moet die herder so gou moontlik kom sien. Die stomme kind sukkel sy jis af. Die antwoord?  “The teacha must give him more homework.” Jittekie tog, hy doen nie eers die huiswerk wat hy nou kry nie! Dis die tweede klein Neves in die herder se klas. Die ander was net sulke  ou sukkelmaatjies. Soms is dit ‘n verlore geveg teen gene.

Die herder word kantoor toe geroep vir ‘n dringende bestuursvergadering, Dit veroorsaak dat sy die lammers vir ‘n taamlike ruk moet versaak. Toe sy terugkom is daar sewe soorte hel in die kraal los. Die hele kudde gaan gelyk aan die bulk en blêr kompleet asof daar ‘n jakkals in die kraal is.

Verskillende toonhoogte skril “ Mêêêêmmmm!”

Die Mêêêêmmmm se ore tuit en sy wip haarself. Sy  hou ‘n ferm “speak to the hand, the face is busy” hand op en deel ‘n vel papier vir elke lammer uit.

“Write!” bevel sy, “Write down who did WHAT to irritate you! I’ll read it and then decide who was naughty and who not!”

Die lammers laat waai op papier. Party wil – wil nog nader staan vir spelling, maar die herder gee hulle ‘n koue skouer. Hulle moet maar spel soos wat hulle dink. Sy sal later die Khoisan probeer ontsyfer. ‘n Doodse stilte daal neer terwyl die kudde met mag en mening op papier wraak neem.

Die herder lees die griefskrifte geamuseerd…

Lerato beweer dat Moedi haar probeer dwing het om “uglee saains” met haar middelvinger te gooi.

Luba skryf dat Jayden soos “bog” probeer “bark” het.

Lethu is dik die duiwel in omdat iemand gesê het,sy is “ien lafff wifff Shaun!” Sy soen eerder ‘n krokodil.

Bryd skryf, “Wanga was ierrietyting me!” Die herder het begrip daarvoor. Sy sukkel self om vatplek aan Wanga te kry. Hy is ‘n reus van ‘n ram wat lyk of hy eendag die suksesvolle eienaar van ‘n taxi-maatskappy gaan wees.

Ratladi, arme sukkelskapie skryf, “evri badie wanted me to swêr in class!” Die herder weerhou haarself maar eerder om te vra of hy aan die eise toegegee het. Sy wil liefs nie weet nie.

Die herder lig ‘n paar name uit van skapies wie se name ‘n paar keer genoem is. Sy sê die gevreesde word: “Siessss!” Party skaam hulle amper uit hulle wolle uit van pure oordentlikheid. Ander voel weer ‘n veer.

Die lewe in die onderwys is voorwaar nie eentonig nie. Elke dag is ‘n skoon blaai gevul met eindelose moontlikhede. Geleenthede om te bou en te inspireer. Ek salueer elke onderwyser in hierdie mooi land van ons!

BAAAAAAA!
BAAAAAAA!

Kry ‘n mens blou skapies?

Wanneer die herder in haar klas besig is, spits sy haar ore en verkneukel haar in haar buurvrouens se sêgoed. Tot juffrou D wat van Zimbabwe afkomstig is, gooi nou al so hier en daar al die Afrikaans tussen die Engels in.

“Take your pencil out of your ear, wêna! Sies man!” kom dit luid uit haar klas uit. Die herder glimlag vir die Afrikaans. Sy leer stadig, maar seker die Taal aan. Die eerste woord wat sy geken het, was “stout”

Die skapies kleur hulle prente in. Een van die ramme is weer bitterlik lui. Alles word voor die voet blou ingekleur. Die herder erg haar en vra hom of hy al ooit ‘n blou mens gesien het.

“Nooooooh, Mêêêm,” koor ‘n paar ander lammers sommer namens hom.

Smurfs are blue,” sê Ryleigh proesend. Lekker skerp!

Die skapies skryf sinne in hulle Afrikaanse boeke. Die tongetjies hang uit en die kloutjies werk fluks. Op hierdie stadium help die herder nog met die sinne. Alles gaan voor die wind tot…

“Maai page ies foel, what Must I do now…” weeklaag die rammetjie, “where mast aai raait now?”

“Haibo mêêên, aar joe stjoepit ôr what? Ghou toe a new page and write there!” sê sy buurman iesegrimmig. Die vingers maak wilde kringe om die ore om die toppunt van stjoepitgeid uit te beeld.

Na pouse kom die ooitjies gelykblêrend die klas in.Groot drama!

“Mêêêm, the dog baaitet Tiarah! Iet ies vêêrie seeriejis!”

Die herder skrik haarself yskoud. Sy skakel onmiddelik die kantoor van haar selfoon af. Nee, kom die versekering. Tiarah makeer nie veel nie. Sy het met die hond gespeel en die hond se pote het haar gekrap. Daar is geen bytplekke nie.

Buurvrou N is egter op die daad vies. Sy is ‘n hiperhigiëniese vrou.

“Wie se brak is dit?” vra sy

“Die faktotum s’n. Kan jy nie sien hulle lyk na mekaar nie?” terg die herder.

“You must never touch the dog! It is dirty! It never baths!” raas sy in die bondel.

Die werk gaan voort. Van die lammers is weer luidiertjies. Die herder is later radeloos en probeer sielkunde. Nee wat,julle moet maar loop trou en gaan werk, grom sy vir die luies. Dit werk soos ‘n bom. Die trouding is nie vir hulle nie.

Buurvrou N spook intussen in haar klas voort. Die herder spits haar ore om beter te hoor…

“Wie is Tshegofatso… put up your hand… Ag Vaderkie tog!” kom die desperate uitroep. Die herder bars so hard uit van die lag, dat die skapies haar verbaas aangaap.

Na skool vee ‘n paar flukse ramme die klas uit. Die herder sit diep in gedagte haar boeke en nasien.

“Whaaaaaaahhhh!” weergalm dit skielik deur die klas.

Die herder val amper van haar stoel af soos sy skrik. Lethabo het vir Sizwe “potshot” met die besem se steel raakgeslaan. Laasgenoemde huil dat sy mangels hande klap.

“Ag jittekie tog”, smeek die herder moeg, ” Sê groot asseblief net askies,”

Sôôôrreee maai Frênd, iet was a beeegg mistyk,” sê Lethabo. Die saak is beredder en die vrede daal weer geleidelik neer.

Die herder voel vandag ten spyte van alles baie selftevrede.Sy kan nou al elke skapie persoonlik by die naam roep.

I really feel blooooo today!
I  feel blooooo today!

Die wel en weemoed in die skaapkraal

Dit was ‘n tipiese Maandag in onse skaapkraal. Die lammers is altyd wilder as die wildtuin na ‘n naweek en moet van vooraf ingebreek word. Twee ooitjies is afwesig, maar die ramme is voltallig.

Mev. W  is verantwoordelik vir die voedingskema by die skool. ‘n Skapie gaan klok in, “ Mêêêm,Maai pêrents aar getting mêêrried next month and maai mâwwer sêês she does not hêve taaime to myke lunch fôôr mieee. Aai mast eat êt the feedieng scheme.”

Mev. W kan haar ore nie glo vir die vermetelheid van die ouers nie en raak net daar op die plek  totaal en al skuinsbefoeterd.

Intussen spook die herder in haar eie klas voort. Die lammers se ore is bottoe vir die Britse taal en die herder laat waai in Afrikaans…

“Sibusiso, sal jy asseblief so gaaf wees om op jou stoel te gaan sit?”

Sibusiso gaap sy Mêêêm met ‘n verwarde uitdrukking op sy ramgevreetjie aan. Hy draai om en loop na ‘n maatjie toe.

“DULA!!! (sitttt) on your chair en maak gou! Ek praat nie weer nie!”  roep die herder wanhopig uit en slaan haar oë op na Eikenhof se heuwels. Nou verstaan Sibusiso baie mooi en laat spaander vir sy sitplek. Eish, sy mêêêm ies ekstreeeemlie grampee vandag!

Lerato het vreeslik mooi gewerk en sy mag ‘n groot plakker kies wat die herder in haar Wiskundeboekie plak. Die trots blom op die gesiggie.

Dit is warm en die herder loop kaalvoet in die klas rond! Sy trek haastig weer die skoene aan om gou badkamer toe te loop en wonder skielik hoekom loop die skoene dan nie lekker vandag nie. Toe sy afkyk sien sy dat sy mooitjies die skoene verkeerdom aangetrek het!!! Red nou ‘n kudde met so ‘n verstrooide herder!

Net so voor twee kom daar ‘n ouer. Dit is Palesa se pappa. Hy en die mamma het ‘n verskriklike rusie gehad. Sy het die kinders gevat en is sak en pak Durban toe. Hy weet nie of hulle ooit weer terugkom nie. Sy antwoord ook nie die foon as hy bel nie.

Stomme kinders! As ons herders meer van hulle kon weet sou mens dalk genadiger gewees het. Paul Phiri se mamma is gister oorlede. Nou sal hy seker moet terug na sy pa toe. Dié woon in Zimbabwe. Die mamma wou dit juis ten alle koste verhoed. Ons hande is afgekap om hom te help.

Week 3 van die jaar het aangebreek. Môre is die tiende dag. Hierdie herder sien uit na ‘n lekker jaar saam met haar troppie.

The hêppie  couple
The hêppie couple

Nooit een vervelige oomblik in die skaapkraal nie!

“Mêêêêm, Mbali has lôôôts of cake,” klik ‘n rammetjie opgewonde toe die herder nog besig is om die trappe te bestyg. Die herder se eerste gedagte is dat sy seker weer ‘n mikroskopiesklein roomkoekie tussen 37 kinders sal moet deel en haar moed sak sommer summier, kadwaa, in haar skoene. Toe sy egter op die boonste verdieping kom, sien sy dat so drie van die ooitjies in pens en pootjies by ‘n Sparsak induik en kloutjiesvol koek in hulle bekkies prop. Die kiesies staan bol en die room blink op die tevrede gevreetjies.

Die Sparsak word meteens in die herder se hande geprop.

“Fôôr joe,Mêêêêm,” glimlag die engelbekkies gulhartig.

Mêêêêm bedank hulle baie beleefd en beloer die koek agterdogtig. Mens kan sien die handjies het diep gedolwe. Die kieme dans sommer openlik in die koek. Die herder sit die geskenk blitsig in ‘n sak om by die huis te gaan verduister.

Intussen is Buurvrou liederlik geïrriteerd met die geblêr in haar klas.

“Watse gemêêêmery is dit nou weer met julle vanoggend?” sê sy grompie,” Hou op kerm en gaan sit op julle stoele!”

Die lammers moet persoonlike vrae invul. Die stomme Shaun het nie ‘n idee wat om op sy papier in te vul nie. Die herder probeer help.

“How old are you Shaun?”

Hy hou twee vingers op.

“My mâwwer sêêês I êm…”

Hy kom nie verder as dit nie. Sjoe die kind is selfs swakker as wat die herder gedink het. Sy sal iets alternatiefs vir tyd en wyl met hom moet probeer.

Party van die wat kan, wil nie Die herder se oog vang skielik vir Katlego wat sowaar weer sit en niks doen nie.

“Are you rolling snotballs again, Katlego,” vra die herder iesegrimmig.

“Sieeeeeesssss,” gril die meisietjies in Afrikaans.

Katlego kry so skaam dat hy summier drie woorde skryf voordat die aandag maar weer dwaal. Sizwe skryf dat hy baie van “ bogs” hou. Die liewe bd verwarring tog. Hy sien darem dadelik die fout toe dit vir hom uitgewys word en lag te heerlik vir homself.  Oulike klein rammetjie.

I fienk I am a drown bog... brown dog?
I fienk I am a drown bog… brown dog?

So is amper nog ‘n week verby en die herder begin haar kudde so stadig aan ken. Daar is ‘n paar juweeltjies en ‘n paar wat nog getem moet word, maar dit wil lyk na ‘n positiewe 2015!

Die herder praat nou al glads Duits en Taljaans ook!

Dit lyk of Sophia regtig nog baie verveeld in die klas is. Sy was in Graad een en twee in Indië in die skool. Haar pa kom reël haar middagvervoer met die herder.

“It’s a fat guy,” sê die man met die wye tande in sy snaakse aksent, “his name is Fanny.” Hy druk ‘n papiertjie in my hand. Die naam staan daar: Fanie. Die herder onderdruk ‘n histeriese giggelbui. Die man sal tog nie die grap verstaan nie, dink sy.

Fanny the fat sheep
Fanny the fat sheep

Intussen hoor sy hoe haar buurherder met mening klasgee.

“Open your books… Take your hand out of your mouth!

Write the date … What is your hand still doing in your mouth… haal uit man!

Copy neatly and correctly…Why is your hand in your mouth?

Op latere navraag vertel sy hoendervleis dat die kind in sy tande gegrou het. Sy kan dit nie verdra as ‘n kind in sy mond of neus dolwe nie.

“Wees bly hy het nie eers in sy neus en toe in sy mond geprospekteer nie,” sê  die herder droog. Buurvrou kry rilling op rilling!

Na pouse word die reëls van die klas behandel. Daar is net vyf basiese reels, maar dit dek ‘n wye veld van oortredinge.

class rules

Later die dag doen die lammers Wiskunde. Die werk vir vandag is opbreek van getalle in tiene en ene. Die herder is tevrede. Dit lyk of die skapies die werk mooi verstaan. Haar oog vang vir Shaun. Dié sit ‘n toring en bou met sy uitveërs(,nogal twee) gom en sy liniaal. Die herder voel hoe haar bloeddruk ‘n stewige paar grade styg.

“Tla kwano!” (Kom hier) bulder die herder. Die mannetjie kom skoorvoetend aangekruie.

Herder Carol kyk gekok na die werk. Die rammetjie het nie ‘n benul van Graad twee wat nog te sê Graad drie  werk nie. Nog ‘n tipiese voorbeeld van ‘n kind wat deur die sisteem gefaal is. Hy is skynbaar getoets en daar is bevind hy moet na ‘n spesiale skool toe gaan, maar daar het nog niks verder as dit gebeur nie. Die stomme kind is op die ou einde net so verveeld soos Sophia, maar oor heeltemal die teenoorgestelde rede.

shaun's maths

“May I leave the bathroom,” vra Lethabo onverwags.

“Where do you want to leave the bathroom,” vra die herder tong in die kies en glimlag stout. Die antwoord is slegs ‘n verleë laggie.

Thando het nie al sy werk gedoen nie. “I didn’t feel like it,” kom die antwoord so ewe op die herder se grimmige vraag. Die herder slaan haar oge op na die heuwels en tel tot tien.

“Bona(kyk) in hierdie klas slaan ek die kertaar en jy dans,” sê sy ongrondwetlik, “verstehst du?” word die matriek Duits ook sommer ingespan,”now sit on your chair and do your work immediately, capiche?”

Nee hy capeesh maar al te goed, sê die rammetjie bleekgeskrik en voltooi sy werk in ‘n kits.

Huistoetyd het die rus en vrede oor die kudde neergedaal en herder en skaap is dankbaar vir ‘n welkome blaaskans.