Een van die dinge wat ‘n herder die meeste vrees, is dat ‘n skapie in haar klas naar word, of ‘n nommer twee ongeluk in die broek het. Veral as die herder die dag self ook so ‘n bietjie onder die weer voel.
Die skapies is vroegdag besig om honderde,tiene en ene somme te doen. Die herder roep die lammers om een – een vir haar te kom lees.
Skielik is daar ‘n beroering in die klas. Die herder kyk geïrriteerd op.‘n Grasgroen ooitjie staan met groot oë en bollende kieste voor haar. Die pootjies is geklem voor die bekkie.
“Runnnnn!!!” gil die herder paniekerig,maar dis te laat. Nomusa het ‘n fris boerekat geskiet. Gisteraand se ete lê uitgestal op die vloer. Daar het selfs ‘n bietjie op die stomme lesertjie se skoen gespat. Die herder voel ‘n mislike moedeloosheid in haar opstoot. Die lesertjie lyk self nie te vars nie.
“Mêêêêm, Nomusa wôôômitet,’’ klik SABC 3 oftewel Cassie- Lee onnodiglik. Die herder gee haar ‘n verwytende kyk!
Nou is al die skapies die ene belangstelling. Hulle rek hulle nekke meerkatnuuskierig om beter te sien. Een of twee staan selfs op om kwansuis potlode skerp te maak.
“What daz iet loek laaik?” wil een rammetjie so waar as wraggies weet.
“Ag liewe jimmelkie tog my kind,…”
Peesis of tjiekin, rice, pees and kêrrits,” gee Wanga wraaksugtige detail. Hulle wil mos weet. Hy sal hulle vertel…
“SIEEESSSSS!” gril die spulletjie en heelwat otterkies loer om te sien Wanga nie dalk lieg nie.
Alles gebeur in ‘n kwessie van ‘n minuut.
Die herder stuur Nomusa,’n maatjie en ‘n waslap badkamer toe om haarself te gaan skoonmaak. Daarna keer die herder ‘n hele emmer water op die spulletjie om. Dit doen die truuk redelik. ‘n Paar probeerslae later is die vloer skoon en die herder letterlik en figuurlik mislik. Sy syg flou op haar stoel neer. Nomusa se ouers word gebel om haar groot asseblief so gou as moontlik te kom haal.
Die skapies bespreek die opwindende gebeurtenis met geesdrif en bypassende gebare. Die herder staar hulle net getraumatiseerd aan.
Toe sy beter voel, steek sy die PREEK af. Hulle moet hulle pootjies afhardloop as hulle naarheid in Botswana voel aankom.
“Moenie vra nie, moenie huil nie… jy moet HÔÔLLLL dat jy so klein word.. Verstehen Sie, capiche, verstaan julle en do you understand?” predik sy.
“Yeeeesss Mêêêm,” blêr die wolskapies, “Kapeeeeesh!” Die bekkies lag breed.
Die middag keer die herder se sin vir humor geleidelik terug en sy lag alte lekker terwyl sy vir haar man die storie vertel.
Ai tog dis regtig moeilik as die outjies so siek word. Dit raak nou weer verkoue seisoen
LikeLiked by 1 person
SJoe, dan hoes en nies hulle weer so lekker oor ‘n mens
LikeLiked by 1 person
Grillerig nê! Dan moet mens ‘n miljoen keer sê -BLAAS JOPU NEUS! Ek het van ek afgetree het nog nie ‘n enkele verkoue gehad nie
LikeLiked by 1 person
Dit sal ek jou goed glo, vriendin!
LikeLiked by 1 person
Dis te dierbaar.Ek onthou vandag nog toe ek in graad twee was en een van die outjies ‘n nommer twee glipsie gehad het.Dis al donkiejare terug en wys net watter indruk dit op ‘n kind maak. 😆
LikeLiked by 1 person
Dit maak nogal ‘n groot indruk… party kry die kind jammer en ander lag weer!
LikeLike
Eisj. Mens moet ‘n sterk maag hë wanneer jy voor in die skaapkraal staan.
LikeLiked by 2 people
Nogal, hehe! XXX
LikeLike
Heheh! Dit laat my dink aan my maaikie Dirksen wat so lelike pienk gemors op die biblioteek se indeks gedeponeer het. Hy het ook nog so braaf braaf sy arm voor sy mond gehou, wangetjies gebol en wel. Dit was dit.
Volgende oomblik straal dit behoorlik uit hom uit.
Filemon, shame. Ek het die arme man so jammer gekry. Hy moes daai gemors kom skoonmaak. Kom hy daar aan met sy emmertjie en lappie en alhoewel hy dit nie pertinent gesê het nie, was daai “Eish” so duidelik soos daglig op sy gesig.
LikeLiked by 1 person
Ek kry die kind te jammer dan maak ek maar skoon, maar eish ek word self heerlik groen om die kiewe
LikeLike
Kêrrits!!! Ek het so lekker gelag vir daai een. Sterkte met die winter wat in aantog is.
LikeLike
Nee kyk, gastro is natuurlik ‘n perd van ‘n ander kleur! Ek hoop nie dit gebeur ooit in jou klas nie. Dis oorval mens mos voordat jy jou oe kan knip.
Lekker gelees dankie!
LikeLiked by 1 person
Daai een het my ook al oorgekom… dankie vir die kompliment! XXX
LikeLike
EEUW!!!!!!!
Skielik is ek eers dankbaar dat ek nie onderwys gaan swot het nie. Ek kan alles hanteer, behalwe kots.
Ek hoop Nomusa is nou beter.
LikeLiked by 1 person
Sommer al die volgende dag. Hulle eet te deurmekaar die spulletjie
LikeLiked by 1 person
Ek is baie dankbaar dat die kinders hier gelukkig oud genoeg is om te weet wanneer ‘Geoooorge’ geroep gaan word! Baie snaaks geskryf. Dis net humor wat ‘n mens op die slegte dae kan laat oorleef!
LikeLiked by 1 person
Humor is my behoud xxxx
LikeLike
Hiehiehie – oulik man! Die skaapkraal het ook sy drama … Ekself het in my eerste graad gesukkel met penspyn (skuus, juffrou het my toe reg gehelp en gesê mens sê “maag”, nie pens)
Laterjare het ek besef my spanning werk op my maag. Eenvoudig.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, so ‘n verbrande maag… sukkel met dieselfde probleem xxx
LikeLiked by 1 person
Dit het vuurklip ook al oorgekom in Standerd Een …
LikeLiked by 1 person
Foeitog, jong! XXXX
LikeLike
sieeesssssss… 😉
LikeLiked by 1 person
Hehehe! XXX
LikeLike
Laat jy my nou dink aan die fyn, blonde Voortrekkeroffisiertjie wat my seun se spannetjie jarelank begelei het, en die dag toe die seuntjies op ‘n wilde helikpopterrit gegaan en sy agterna vrou-alleen die kajuit moes skoonmaak…
LikeLiked by 1 person
Hehehe, eerder sy as ek!
LikeLike
ag shame arme skapie. Dis nie lekker om voor ander mense op te gooi nie (dis NOOIT lekker om op te gooi nie, glo ek, behalwe vir ‘n paar modelle wat dink dit gaan hulle beroepe red *sug*)
ek hoop dit gaan beter met die groen skapie
LikeLike
Die skapies kan vreeslik verkeerd eet, dan word hulle Heila Kotze xxxx
LikeLike
hehehehhe Heila Kotze
LikeLiked by 1 person